Local newsLocal sportNewsSport

Dewald mik vir SA Paralympiese Kampioenskappe

Dewald Pretorius het nog altyd op die atletiekbaan uitgeblink, maar na 'n motorongeluk was Dewald se kanse op'n roemryke sporloopbaan byna verby.

Dewald Pretorius het van kindsbeen af ‘n groot liefde vir sport gehad en het veral op die atletiekbaan uitgeblink, maar na ‘n reuse motorongeluk in 2007 was Dewald se kanse op’n roemryke sporloopbaan verby.

Tog het dit nie vir Dewald gestuit nie.

Dewald vertel dat hy na afloop van die motorongeluk vir 18 dae in ‘n koma was.

“Ek het byna my lewe verloor, maar die Here het my ‘n tweede kanse gegee en nou gaan ek volheid leef,” vertel Dewald.

Na afloop van die motorongeluk, was Dewald vir ‘n geruime tyd rolstoelgebonde. Hy het aan geheueverlies gelei en selfs sy spraak is weens die ongeluk aangetas, maar vir die wonderatleet van Randfontein was dit net nog een van vele struikelblokke tot ‘n suksesvolle toekoms.

“Ek het nooit ophou baklei nie, ek het geglo daar is hoop vir die toekoms.”

Dewaldt het sowat sewe maande na die ongeluk weer beheer oor sy bene herwin en sy rolstoel vir ‘n stel tekkies geruil.

“Ek oefen nou weer sowat ‘n jaar lank volstoom by Hein Maré en beoog om volgende jaar aan die Suid-Afrikaanse Paralympiese Kampioenskappe deel te neem,” vertel Dewald.

Hy vertel dat hy al reeds die eerste van drie uitdun rondtes suksesvol voltooi het en volstoom besig is om sy tye op die 100m te verbeter.

“Ek is vasbeslote om aan die Suid-Afrikaanse Paralympiese Kampioenskappe deel te neem. Ek weet ek kan dit doen en druk myself tydens elke oefening om te verbeter,” vertel Dewald.

Hy vertel verder dat hy in die T38 afdeling sal deelneem. Dié afdeling is vir atlete met ‘n balaans probleem.

Behalwe vir die 100m naelope, neem Dewald ook aan gewigstoot deel en wys in dié sportsoort ook baie potensiaal.

“Ek kan God nie genoeg dank vir die wonderwerk wat Hy in my lewe gedoen het nie. Ek gaan my tweede kans beslis laat tel.”

Met sy voete terug op die atletiekbaan het Dewald een droom.

“Ek beplan om my tye so te verbeter dat ek vir die 2016 Papalympiese spele kan kwalifiseer,” vertel Dewald

Dewald bedank sy ouers, vrou, familie en elke afrigter wat hom tot dusver bygestaan het.

Related Articles

Back to top button