Lizerie vat goud by landloopkampioenskappe

Lizerie Ferreira het weer vir haarself 'n goue medaljé tydens die Provinsiale Landloopkampioenskappe verseker.

Een van Hoërskool Riebeeckrand se top atlete, Lizerie Ferreira, het weer tydens die afgelope Provinsiale Landloopkampioenskappe vir haarself ‘n goue medaljé verseker.

Volgens die bemarker by Hoërskool Riebeeckrand, Rikus Kruger, het lizerie baie goed vir die kampioenskappe voorberei.

“Met haar puik prestasie by die Provinsiale Landloopkampioenskappe, het Lizerie deurgedring na die Nasionale Landloopkampioenskappe wat vanaf 20 – 24 September in Blomfontein plaasvind,” vertel Rikus.

“Ons is baie trots op jou, Lizerie. Elkeen by Hoërskool Riebeeckrand glo dat jy net so goed by die Nasionale Kampioenskappe sal vaar.”

Exit mobile version