Local newsNews

Plaaslike berader en afrigter maak ‘n verskil

‘n Plaaslike berader, Jan Jacobs en boksafrigter, Willie Consalves, gebruik hul kennis om ‘n verskil in jeugdiges se lewe te maak.

Jan Jacobs, wat al bekend is vir die bystand wat hy aan jeugdiges in Randfontein verleen, het sowat twe jaar gelede ‘n detensieprogram geloots waartydens hy en boksafrigter, Willie Consalves, leerlinge bystaan.

Volgens Jan is die doel van dié program om kinders met gedragsprobleme, aandag afleibaarheid, woede en ander probleme te help om beter in die samelewing – binne en buite skoolverband, te funksioneer.

“Ons bied die program by Randgate Amateur Boksklub aan waar ek die beradingsaspekte takel en Willie interaksie toepas om ontslae te raak van dié leerlinge se woede,” vertel Jan.

Verder vertel Jan dat hulle tans sowat 20 leerlinge in die program help en baie sukses geniet.

“Die skole stuur aan ons ‘n verslag van elke leerling en tot dusver het elke verslag positief teruggekom.

“Die leerlinge het selfs op akademiese gebied verbeter en nie een van hulle het die afgelope kwartaal gedruip nie,” vertel Jan trots.

Jan bedank elke onderwyser wat hulle in die program ondersteun het asook vir Willie Consalves van Randgate Amateur Boksklub vir sy passie en behulpsaamheid.

“Die program is beslis ‘n wenresep vir elke leerling wat hulp nodig het, daarom nooi ek alle skole om by die program betrokke te raak,” vertel Jan.

Related Articles

Back to top button