NewsSchools

Kom geniet Rappies se musiekblyspel

Laerskool Rapportryer se leerlinge is tans besig om voor te berei vir hul jaarlikse musiekblyspel en nooi die gemeenskap om die geleentheid saam hulle te kom geniet.

Laerskool Rapportryer is weer volstoom besig on voor te berei vir hul jaarlikse musiekblyspal en nooi die gemeenskap om die geleentheid saam hulle te kom geniet.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, geniet dié musiekblyspel jaarliks groot aftrek. Sy vertel dat vanjaar se musiekblyspel weer beloof om ‘n onvergeetlike geleentheid te wees.

“Vanjaar se tema is Mosaik en die leerlinge sien baie uit om die produksie op di planke te bring,” vertel Roleen.

Aangesien daar so ‘n groot aanvraag vir die produksie is, het Laerskool Rapportryer dit goedgedink om die blyspel vir ‘n hele week aan te bied.

Die musiekblyspel sal vanaf 5 September tot 12 September aangebied word.

“Die leerlinge oefen baie hard en is vasbeslote om die geleentheid met groot sukses te bestempel,” vertel Roleen.

“Ons doen ‘n beroep op die gemeenskap om hul kaartjies vir die blyspel vroegtydig te koop om teleurstelling te voorkom. Kaartjies beloop R35 per persoon en kan by die skool aangekoop word.”

Vir meer inligting, skakel gerus Laerskool Rapportryer se algemene kantoor by 011 412 2804.

Related Articles

Back to top button