Rappies vier Vrouedag

Die leerlinge van Laerskool Rapportryer vier Vrouedag saam die inwoners van Randfontein.

Die leerlinge van Laerskool Rapportryer het baie waardering vir die vroue van ons land, daarom wys hulle hul waardering aan al die vroue wat hul lewens daagliks verryk.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, het elke Rappies-leerling ‘n sjokolade gebring, wat die bestuur van dié skool met warm Rappies liefde aan die vroue van Randfontein op 8 Augustus oorhandig het.

“Die sjokolade is in pragtige geskenkmandjies opgemaak en is toe aan instansies soos die Connie Muldersentrum, Randfontein Vriendskapstuiste, Renaissance Oord, Randpoort Tuiste en die hospitale in die dorp oorhandig,” vertel Roleen.

“Die vroue was baie opgewonde oor die mooi gebaar van ons leerlinge.”

Roleen vertel verder dat Laerskool Rapportryer graag by ons gemeenskap betrokke raak en op positiewe wyse na die gemeenskap uit reik.

“Ons as bestuur van Laerskool Rapportryer bedank elke leerling vir hul betrokkenheid by dié projek en is werklik trots op die wyse waarop julle die sukses van die projek verseker het,” vertel Roleen.

Exit mobile version