Local newsNewsSchools

Kunstenaar reik uit na plaaslike skool

Tereska Muishond vier die Afrikaanse taal saam die leerlinge van Laerskool Venterspost.

Tereska Muishond is ‘n kunstenaar wat met haar passie vir Afrikaans ‘n verskil maak.

Dit was duidelik te sien op die gesigte van Laerskool Venterspos se leerlinge wat onlangs aan haar lippe gehang het tydens haar poëtiese aanbieding daar om die verjaardag van Afrikaans te vier.

Biblioteek- en Inligtingsdienste vir Westonaria het die program in samewerking met die plaaslike tak van die VLU by die skool aangebied om ‘n liefde vir taal te stimuleer.

Alhoewel die grootste gedeelte van die program in Afrikaans aangebied was, was daar ook van Engels, Tswana, isiXhosa en isiZulu gebruik gemaak.

Tereska, wie oor die 1976 opstande teen Afrikaans as medium vir onderrig in skole gepraat het, het vandag ‘n geesdrif vir die taal wat aansteeklik inwerk op almal wat na haar luister.

Sy is veral bekend as skrywer, vertaler en aktrise op die plaaslike TV produksie Scandal maar sy word ook hoog aangeskryf op die Word and Sound platform vir digters in en om Johannesburg.

Volgens Program Bibliotekaris, Righardt le Roux was dit ‘n ontroerende ervaring om sowat 200 leerlinge te sien deelneem aan Tereska se aanbieding.

Hoof van Tale by Laerskool Venterspos, Lina Vogel het Tereska hartlik bedank en verseker dat haar optrede beslis ‘n blywende impak gemaak het.

Thato Mankanyi, ‘n Graad 7 leerling by Laerskool Venterspos het die program in ‘n neutedop opgesom deur in Afrikaans te sê: “Man, dit was ongelooflik.”

Laerskool Venterspos het ook hulle dank aan die VLU oorgedra wie vir die verjaardagkoek en ander lekker smulgoed gesorg het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button