NewsSchool sportSchoolsSport

Andrea speel vir SA Netbal

Andrea Harms is trots om deel van sie Suid-Afrikaanse Bok Netbalspan te vorm en sien uit om saam dié span te toer.

Andrea Harms het al reeds vanjaar bewys dat sy oor groot potensiaal op die netbalbaan beskik en is onglangs in die Suid-Afrikaanse Bokspan opgeneem.

Volgens Andrea het sy vanjaar vir Hoërskool Jan Viljoen se eerste netbalspan uitgedraf. Sy vertel dat sy dit baie geniet het om saam met dié span te speel en het ‘n baie hegte band met haar spanmaats gevorm.

“Ons het vanaf 1-5 Julie aan die Traansvaalse Volkseie Bokkie Sportweek deelgeneem. Dit was tydens dié geleentheid dat ek in die Gazelle netbalspan opgeneem was, maar kort daarna het die bestuur van die Bokkieweek my in kennis gestel dat ek opgetrek is na die Suid-Afrikaanse span toe,” vertel Andrea trots.

Andrea vertel verder dat sy verdediger in dié span sal speel.

Die Suid-Afrikaanse Bok Netbalspan sal gedurende September na Tanzanië en Zanzibar toer.

“Ek wil net dankie sê aan al my spanmaats van Hoërskool Jan Viljoen se eerste netbalspan. Sonder julle ondersteuning en bystand sou ek nooit die prestasie kon behaal nie.

“Dankie ook aan ons spanbestuurder, Magdie de Winnaar en afrigter, Sylvia Maas, vir julle bystand. Ek waardeer dit opreg,” vertel Andrea.

Aangesien Andrea vanjaar in matriek is, het sy groot planne vir haar toekoms.

Sy vertel dat sy sportsbestuur wil gaan studeer en tydens haar studies voort wil gaan met haar netballoopbaan

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button