Local newsNews

Woon Paint Cafe se markdag by

Paint Cafe nooi die gemeenskap om saam hulle, hule markdag te kom geniet.

Paint Café bied op 31 Augustus ‘n markdag aan en nooi die hele gemeenskap om saam met hulle die dag te kom geniet.

Volgens die organiseerder van die geleentheid, Marietjie van der Riel, gaan daar ‘n verskeidenheid stalletjies wees.

“Die stalletjies sluit kos en koeldrank stalleties en selfs ‘arts and crafts’ stalletjies in.

“Daar is nog talle stalletjies beskikbaar en diegene wat hul produk op die dag wil kom bemark is welkom om my te kontak vir ‘n bespreking,” vertel Marietjie.

Sy vertel verder dat die tema vir die dag ‘Twinkling Winter Wonderland’ is.

“Al die stalletjies moet volgens dié tema opgemaak word.

“Die stalletjie wat die tema die beste uitbeeld sal dan met ‘n groot prys wegstap,” sê Marietjie.

Daar sal ook tydens die geleetheid musiek gespeel word en die plaaslike orkes, Rum and Raisen sal ook by die geleentheid optree.

Vir meer inligting rondom die geleentheid skakel gerus vir Marietjie by 011 693 4700.

Related Articles

Back to top button