Rappies neem deel aan Wetenskap expo

Laerskool Rapportryer wys dat hulle beslis weet wat in die wetenspapswêreld aangaan.

Laerskool Rapportryer se Graad 4, 5 en 6 leerlinge het op 24 Julie by Hoërskool Jan de Klerk aan die Wetenskap Expo deelgeneem en hulself waarlik puik van hul taak gekwyt.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, het al drie die spanne ‘n eerste plek vir hulself verseker, terwyl Rappies se tweede groep Graad 5 leerlinge ‘n tweede plek verower het.

“Al vier spanne is egter deur na die finale rondte wat op Dinsdag, 30 Julie plaasgevind het.

“Daar is die Gr 6 leerlinge, Nicole Stewart, Angelique van Niekerk, Alicia Kotze en Criske Hechter as wenners van die streek aangewys,” vertel Roleen.

Ashley Stewart, Mari de Beer, Q’raine Nel, Ruman Münz en Christiaan Fourie, wat almal Graad 4 leerlinge van Rappies is, het ‘n derde plek verower.

Die Graad 5 groep wat aan die finale deelgeneem het bestaan uit Vitali Beukes, Zandre Deysel, Tiaan Wilken, Ashley Victor, Mari Landsberg, André Visser, Daneil Kotze, Waldo Horn, Theodor van Staden en Tiaan van Tonder.

“Ons is waarlik trots op elkeen van die leerlinge.

“Baie geluk met jul prestasies.

“Julle het ons skool se naam beslis hoog gehou,” vertel Roleen.

Exit mobile version