NewsSchool sportSchoolsSport

Rappies spog met Gauteng Wes rugbyspelers

Twee van Laerskool Randfontein se top rugbyspelers is in die Gauteng Wes rugbyspan opgeneem.

Twee van Laerskool Rapportryer se voorste rugbyspelers is onglangs in die Gauteng Wes Rugbyspan opgeneem.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, het Keanan Cneut en Bradley Engelbrecht puik balvaardighede gewys tydens hul proewe en is dadelik in die span opgeneem.

“Ons almal hier by Rappies is baie trots op dié twee leerlinge en glo dat hulle ‘n groot aanwins vir die Gauteng Wes Rugbyspan is. Almal by Rappies glo dat julle puik sal vaar en nog vele groot hoogtes in jul geliefde sport sal bereik,” vertel Roleen.

Sy vertel verder dat Keanan ‘n graad 5, en Bradley ‘n graad 6 leerling by Laerskool Rapportryer is.

Related Articles

Back to top button