Rappies hou markdag

Laerskool Rapportryer se leerlinge geniet hulself gate uit tydens hul markdag.

Laerskool Rapportryer het op 19 Julie ‘n baie suksesvolle markdag aangebied en die gemeenskap, leerlinge en onderwysers by dié sukses van die geleentheid betrek.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, het die Rappies leerlinge ook van die geleentheid gebruik gemaak om hul leesprojek, Trapmal – Leesmal, aan te bied.

“Die projek was baie suksesvol en het almal tydens die markdag vermaak,” vertel Roleen.

Sy vertel verder dat daar sowat 100 stalletjies by die markdag was en dat ouers en leerlinge by die geleentheid opgedaag het en die terein behoorlik soos ‘n skoudag laat lyk het.

“Daar was geleentheid om trapkar te ry. Die trapkarre was deur Henning du Plessis van “Trapmal geborg. Die leerlinge, studente en van die onderwysers het getrap dat dit gons. Dit was ‘n wonderlike dag en elke Rappies leerling het gewys dat hulle beslis ‘n gemeenskap bymeaar kan bring,” vertel Roleen.

Exit mobile version