Kansa Randfontein hou sop en verkoek dag

Kansa Randfontein doen 'n beroep op die gemeenskap om hulle te kom ondersteun tydens hul Sop en Vetkoek Dag.

Kansa Randfontein se ondersteuningsgroep bied op 27 Julie ‘n Sop en Vetkoek dag aan en nooi die gemeenskap om dié geleentheid te ondersteun.

Volgens die voorsitter van die ondersteuningsgroep, Sienie van Coller, sal die geleentheid by Paint Café in Homesteadlaan plaasvind.

Die geleentheid sal dan ook dien as ‘n Kansa Randfontein fondsinsamelingsprojek.

“Ons is baie opgewonde oor die projek en met winter in ons midde is ‘n lekker warm koppie sop en ‘n vetkoek beslis wat elkeen nodig het om teen die koue te veg,” vertel Sienie opgewonde.

Sy vertel verder dat die geleentheid om 7vm sal afskop en tot laatmiddag sal voortduur.

Sy doen ook ‘n beroep op besighede in die gemeenskap om met Kansa Randfontein in kontak te tree indien hulle dit sou toelaat dat Kansa ‘n soortgelyke projek by hul besigheid of skool loots.

Vir meer inligting rondom Kansa Randfontein en hul fondsinsamelingsprojekte, skakel gerus vir Sienie by 082 622 5480.

Exit mobile version