ATKV bied skryfskool aan

Die ATKV bied opkomende skrywers nou die geleentheid om hul vaardighede op te skerp.

Die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit, in samewerking met LAPA- en NB-Uitgewers en Malan Media, bied van 5 tot 7 September ‘n slypskool in die skryf van liefdesverhale aan.

Bekende skrywers Sophia Kapp, Amelia Strydom, Anna Penzhorn en Magdaleen Walters, asook uitgewers Charlene Hougaard, Hester Carstens en Daleen Malan, tesame met personeel van die ATKV-Skryfskool, gaan as aanbieders optree en fokus op die liefdesverhaal skryfstyl.

Dié slypskool van drie dae sal op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit plaasvind.
Dit is ‘n praktiese slypskool vir enigiemand wat ‘n liefdesverhaal wil skryf.

Die inskrywingsgeld daarvoor beloop R2 500 per persoon.

Dié bedrag dek ook deelverblyf in selfsorgeenhede by die PUK Astro Villa, middagetes, oggend- en middagpouseverversings en ‘n onthaal op 6 September.

‘n Beperkte hoeveelheid verblyfplekke is beskikbaar.

Voornemende kursusgangers moet ‘n kortverhaal met ‘n romantiese strekking van ongeveer 1 500 woorde of ‘n eerste hoofstuk, wat nie meer as 3 000 woorde lank is nie, van ‘n liefdesverhaal voor die sluitingsdatum vir inskrywing op 23 Augustus na Kobie.VanAswegen@nwu.ac.za aanstuur.

Wil jy die kursus bywoon?

Skakel dan dadelik vir Kobie van Aswegen by 018 299 1783, of by bogenoemde e-posadres.

Exit mobile version