Local newsNews

VLU vrou maak pragtige wynsakke

Die vroue van die Vroue Landbou Unie spog met hul prgtige vilt wynsakke.

Die vroue van die Vroue Landbou Unie, Fuchsia tak, het tydans hul laaste byeenkoms weer hul talente gebruik om pragtige vilt wynsakke te maak.

Volgens die skakelbeampte van dié tak, Martie Breedt is hul tak een van 12 Vroue Landbou Unie takke in die Witwatersrand streek.

Sy vertel dat die tak al reeds ‘n dekade lank bestaan en op elke tweede Dinsdag bymekaar kom om nuwe vaardighede aan te leer.

“Tydens ons laaste vergadering het ons pragtige wynsakke uit Vilt uit gemaak.

“Die vroue het dit baie geniet en sommer lekker saam gekuier terwyl hulle ‘n nuwe vaardigheid aanleer,” vertel Martie.

“Ons pak elke maand iets nuuts aan en bou op die wyse baie vaardighede op.”

Vir enige vroue wat belangstel om by die tak betrokke te raak, skakel gerus die tak voorsitter, Debbie Coetzee, by 082 331 5986 of die skakelbeamte, Martie Breedt, by 011 660 7839.

Related Articles

Back to top button