Blommeklub leer nuwe tegnieke

Wisteria Blommeklub rangskik pragtige 'Twilight' blommerangskikkings tydens hul maandelikse byeenkoms.

Die Wisteria Blommeklub is al reeds vir verskeie jare deel van die Randfontein-gemeenskap en kom maandeliks bymekaar om verskeie nuwe blommerangskikkingstegnieke te leer.

Volgens die vise-voorsitter van die klub, Leon Hefer, het die klublede weer gedurende Junie by die NG kerk oorkant Randfontein Spur bymekaargekom om ‘n nuwe tegniek te leer.

“Die maand se klas was deur my aangebied. Ek het die klublede gewys hoe om ‘n ‘Twilight’ in hul rangskikkings uit te beeld,” vertel Leon.

Die dag was ‘n reuse sukses en elke lid van die klub het die geleentheid baie geniet en ook sommer baie in die proses geleer.

Om die klublede in hul gekose stokperdjie te bevorder, moet hulle gedurende die volgende maand dié illustrasies uitbeeld.

Hulle randskikkings word dan tydens die klub se volgende byeenkoms geassesseer.

Dit is ook tydens dié geleentheid waar hul rangskikkings deur kenners beoordeel word.

“Die klub groei van krag tot krag en ons doen ‘n beroep op blommeliefhebbers in die gemeenskap om by die klub in te skakel.

Ons volgende byeenkoms is op 8 Mei. Ons wil diegene wat belangstel nooi om die byeenkoms by te woon,” vertel Leon.

Vir meer inligting, skakel gerus die klub se voorsitter, Dalene Grundlingh by 082 332 8479 of vir Leon Hefer by 082 789 0499.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version