Local newsNews

Kannie Warries Dansorkes vermaak feesgangers

Plaaslike dansorkes, Kannie Warries Dansorkes, het feesgangers by Innibos op hul voete gehad.

Die Kannie Warries Dansorkes het die afgelope paar maande verskeie mylpale behaal.

Een van dié mylpale is die feit dat hulle op 29 Junie by die Innibos Kunstefees in Nelspruit opgetree het.

Volgens die orkesleier, Jurg Basson, is dit al die tweede groot kunstefees waar hulle vanjaar optree.

Hulle het vroeër vanjaar vir nege dae by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees opgetree.

“Ons het ook vroeër vanjaar ‘n album, Vaalrivier se Wakker Snare, uitgebring en werk tans aan ons nuwe album wat binnekort op die rakke sal wees,” vertel Jurg.

Met hul album, Vaalrevier se Wakker Snare, het dié orkes baie aftrek van die publiek geniet en is ook sodoende vir ‘n Ghoema toekenning genomineer.

Hulle nuwe musiekvideo sal ook binnekort op KykNet Musiek te sien wees.

Die orkes bestaan uit vyf lede wat met hul puik talent seker maak dat waar okal hulle gaan, gehore lekker saam langarmdans.

Die orkeslede is Danie Heunis – basskitaarspeler, Rudi Jooste -kitaarspeler, Jurg Basson – banjospeler, Ria West – ritme kitaarspeler en Louis Benson – tromspeler.

“Dit was vir ons as orkes ‘n groot voorreg om by die Innibos Fees op te tree en elkeen van ons lede het dit baie geniet.

“Dit is altyd lekker om by ‘n kunstefees op te tree en te sien hoe die gehoor saam langarm oor die dansvloer,” vertel Jurg.

Die Kannie Warries sal weer op 13 Julie in te sien wees wanneer hulle saam met die nuwe Afrikaanse sanger, Dirk van der Westhuizen, by Sharky Town in Vanderbijlpark sal optree.

Vir meer inligting oor die orkes of vir besprekings, skakel gerus vir Jurg Basson by 073 432 6928.

Related Articles

Back to top button