Rapportryer rugbyspelers bereik groot hoogtes

Laerskool Rapportryer se rugbyspanne het gewys dat hulle beslis ‘n krag is om mee rekening te hou toe hulle hul liga met gemak gedomineer het en die ander skole in die liga behoorlik laat les opsê het. Laerskool Rapportryer het onder andere twee rugbyspanne wat die seisoen die ander skole in die liga laat klippe …

Laerskool Rapportryer se rugbyspanne het gewys dat hulle beslis ‘n krag is om mee rekening te hou toe hulle hul liga met gemak gedomineer het en die ander skole in die liga behoorlik laat les opsê het.

Laerskool Rapportryer het onder andere twee rugbyspanne wat die seisoen die ander skole in die liga laat klippe kou het.

Rappies se derde rugbyspan staan vanjaar onoorwonne en het met gemak hul liga gewen.

Volgens die skakelbeampte vir Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, het hulle al hul wedstryde oortuigend gewen en met skole soos Laerskool Randfontein, Krugersdorp-Noord en Laerskool Kenmare afgereken.

Hul afrigter Johan Venter is baie trots op sy span wat so goed gevaar het en wens elke speler geluk vir hul bydrae tot die span se suksesverhaal.

Die o.11 A-span het self ook gewys hulle staan vir niemand terug nie.

Dié gedugte span het self teen skole soos Laerskool Randfontein en Krugersdorp-Noord in hulle liga geseëvier.

Met dié puik rugbyvertoning, het die span vir hulself ‘n plek in die kwarteindrondte verseker en moes teen Laerskool Fairland te staan kom.

Ongelukkig was dit die einde van hulle paadjie in die liga.

Volgens afrigters, Ian Flemming en Errard Ernsting is hulle baie opgewonde oor wat volgende jaar voorlê en sien hulle vanjaar as ‘n trappie vir sukses.

Die hoof en afrigters wil net elke seun vir ‘n goeie seisoen en al hulle harde werk bedank.

Exit mobile version