Letters

Die blouaap is g’n aap nie

Die Herald het berig hoe ‘n paartjie die klein soogdier by 'n plaaslike parkeerarea afgeneem het. As redakteur het ek dit toe goedgedink om bietjie navorsing oor die blouaap te doen.

• Die redakteur skryf:

‘n Blouaap het onlangs die dorp op hol gehad toe die wilde dier skielik ‘n verskyning gemaak het by ‘n plaaslike winkelsentrum.

Die Herald het toe berig hoe ‘n paartjie, Eleanor Theron en haar man, die klein soogdier by die parkeerarea afgeneem het.

Hulle slaap in, of ‘n smal skeur van rotse, of hoog in ‘n boom.

Die artikel was ook een van ons mees geleesde aanlyn artikels vir Januarie en het talle kommentaar gelok. Om ‘n blouaap hier in die dorp te sien is blykbaar ook nie vreemd of buitengewoon nie. As redakteur het ek dit toe goedgedink om bietjie navorsing oor die blouaap te doen en dit met die gemeenskap te deel.

• Lees ook: Monkey spotted roaming at mall

Eerstens, die blouaap is ‘n vervet monkey in Engels, maar sy alternatiewe naam in dieselfde taal is inderdaad ‘n blue monkey. Dit is volgens my betroubare boek en Sunbird se Essential Illustrated Wildlife Guide to Southern Africa Third Edition. In Xhosa, Zulu en Xitsonga word die blouaap ‘n nkawu genoem en kgabo in Tswana.

In Xhosa, Zulu en Xitsonga word die blouaap ‘n nkawu genoem en kgabo in Tswana.

Tweedens word die blouaap beskryf as ‘n senuweeagtige dierasie wat tog stil en agteraf kan wees. En ja dit is waar, hulle word beskou as ‘n pes onder die mensdom en is hulle bekend daarvoor om amok te saai in veral tuine en op plase. Ten spyte hiervan word die blouaap in sekere kulture in Afrika as ‘Die Slim Een’ verwys. Hulle slaap ook in groepe van tussen twee en drie in, of ‘n smal skeur van rotse, of hoog in ‘n boom. En nes bobbejane, is hulle ‘n verenigde klomp en kan ‘n trop blouape uit meer as 20 bestaan. ‘n Hiërargie is ook betrokke met ‘n dominerende mannetjie wat heers. Hulle patroleer en verdedig ook hul gebied en sal nie twee keer dink om aggressie te toon nie. Interressant sal die wyfies wel kleintjies van ander troppe aanneem. ‘n Bedroefde wyfie sal ook vir dae lank aan haar doodgebore kleintjie vasklou.

Hulle verkies om meer op die grond te wees waar hul kos kan soek.

Verder word die blouaap as energievol en rats beskryf en verkies hulle om meer op die grond te wees waar hul kos kan soek eerder as in bome. Wat hul eetgewoontes aanbetref is hulle vegetariërs. Hulle is mal oor vrugte, selfs blomme, sade en bone. Spinnekoppe, wurms en sprinkane is ook deel van hul dieet. Wanneer hulle bedreig voel, sal hulle ‘n tipe rou hoes gee en ontsteld of onrustig skreeu.

‘n Hiërargie is ook betrokke met ‘n dominerende mannetjie wat heers.

In terme van grootte is die mannetjies gemiddeld tussen een meter en 1,3 meter lank (insluitend stert) en die wyfies tussen 0,95 meter en 1,1 meter lank. Die mannetjie kan tot 5,5kg weeg en die wyfies 4kg.

• Bron: Essential Illustrated Wildlife Guide to Southern Africa Third Edition

Related Articles

Back to top button