Bobby en Karlien

Johan Ungerer Signature Events en Lasting Legacy Entertainment bied met trots aan… IN ONS SKOENE

“Beleef ‘n aand van musiek en stories waarmee ons twee al lank loop…” – Bobby & Karlien

In Ons Skoene is eksklusief, uniek en slegs vir ‘n beperkte aantal optredes beskikbaar – Bobby & Karlien van Jaarsveld sing hulle treffers, gunsteling liedjies en vertel meer van hulle lewens. Hierdie 90 minute produksie met ‘n 5-stuk orkes, sal jou op ‘n reis in hulle skoene neem…
Beide Bobby en Karlien het al diep spore getrap in die musiek industrie. Albei het al hoofrolle vertolk in musiekblyspele en ook in films. Karlien was die algehele wenner van Strictly Come Dancing en Bobby natuurlik ‘n coach in The Voice SA.
En NOU, vir die eerste keer doen hierdié broer en suster ‘n hele produksie saam, op een verhoog, en deel hulle reis – IN ONS SKOENE. Die produksie beloof om aanhangers op ‘n reis te neem in die skoene van Bobby en Karlien van Jaarsveld en hulle op ‘n ander vlak te leer ken!
En soos in Bobby en Karlien se TV Program waar hul terug gegee het aan liefdadigheid, word elke persoon wat na IN ONS SKOENE kom kyk gevra om ‘n paar skoene saam te bring wat aan Hanna Charity and Empowerment Foundation geskenk gaan word vir verspreiding.

21 Maart – van 17h30 (vir die ‘red carpet experience’)
Kaartjies – R150 pp
VIP kaartjies – R600 pp (VIP kaartjie sluit in hamper)

Winners Circle Afslag 10% (sleg 2 kaartjies per kaarthouer)

Eet en Skou paket vanaf R470

Kontak 011 928 1297/1213
Read more at https://www.emperorspalace.com/Promotions/Whats-On/By/Show/bobby-en-band#280TxO7tf18oO4zY.99

Back to top button