School sportSport

Agt van Rierand haal Goue Leeus-span

Riebeeckrand kan met trots sê dat agt van die 24 Leeus rugbyspelers Rieranders is.

Agt seuns van Hoërskool Riebeeckrand is onlangs verkies tot die Goue Leeus President XV-span.

Die keuringsproses was uitgestrek oor drie weke en die seuns moes van dag een af op die rugbyveld wys wat in hulle steek. Tydens die eerste week van uitdunne was daar altesaam agt spanne by die o.18’s gewees. Teen die einde van die derde week is slegs 24 seuns vir die o.18-span gekies.

Rierand kan met trots sê dat agt van die 24 Goue Leeus President XV-spanspelers uit Hoërskool Riebeeckrand kom.

Vier van Rierand se seuns is ook in die o.16 Goue Leeus-span opgeneem.

o.16 seuns:
• Dominic Maritz
• Reck Mare
• Quinton Roux
• Charl Botes

o.18 seuns:
• Jonathan Mouton
• Pieter van Heerden
• Rico Meyer
• Enrico Luit

Related Articles

Back to top button