NewsSchools

Ram kroon hul skoonhede

Laerskool Randfontein (Ram), het weer vanjaar die voorreg gehad om die top skoonhede in hul skool tydens die jaarlikse Mnr en Mej Rammies kompetisie te kroon.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Randfontein, Dalena Botha, het die geleentheid by die NG Kerk Helikonpark gemeente plaasgevind. Die geleentheid was weereens ‘n spoggeleentheid en is deur die deelnemers se vriende, familie en ouers bygewoon.

“Dit is altyd vir ons almal by Ram ‘n hoogtepunt op ons jaarkalender on ons leerlinge tydens die gleentheid te aanskou. Elkeen van die deelnemers het beslis baie moeite gedoen om op hul beste tydens die kompetisie te lyk en boonop het hulle hulself gate uit geniet,” vertel Dalena.

Sy vertel dat enige leerling van Graad R tot Graad 7 aan die Mnr en Mej Rammies kompetisie kon deelneem.

Tydens die aankondiging van Mnr en Mej Primêr, was die hele gehoor in rep en roer om uit te vind watse klein lyfie dié titel gaan verower.

In die Mnr Primêr kategorie, was Drytton Barnard as tweede prins aangewys. Logan Olivier het met die titel as eerste prins weggestap en Kieren Rautenbach is asMnr. Primêr gekroon.

Deidre de Beer is tydens die Mej Primêr as eerste prinses aangewys, terwyl Andri Strydom as tweede prinses aangewys is. Belinda van Staden het met die Mej. Primêr titel weggestap.

“In die junior afdeling het Roché Rautenbach met die Mnr. Junior weggestap. Sy eerste prins was Zain Henery en Andriko Esterhuizen is as tweede prins gekroon,” vertel Dalena.

In die Mej Junior kategorie het die beoordelaars ook ‘n baie moeilike besluit gehad, maar aan die einde van die kompetisie was
Herma Bosman as tweede prinses verkies, terwyl Devonique Breedt as eerste prinses gekroon is.

Tyllin Barnard is tydens die geleentheid as Mej. Junior aangewys.

Uiteindelik was dit tyd om die seniors te kroon. In die Mnr Senior kategorie het Corrie Appelcryn met die titel van tweede prins weggestap terwyl Pierre Maree as eerste prins gekroon is. Ruan Nel is as Mnr Rammies aangewys.

Die oomblik waarvoor almal gewag het, het toe aangebreek en dit was tyd om Mej Rammies Senior te kroon. Tydens die geleentheid is Danielle Olivier as tweede prinses aangewys teryl Giselle Rautenbach met die titel van eerste prinses weggestap het.

Ashley Cowan is as Mej Senior Rammies aangewys.

“Baie geluk aan elkeen van die wenners, julle het pragtig gelyk en beslis verdien om te wen,” vertel Dalena.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button