Local sportSport

Randgate Boksklub presteer by Wes-Gauteng kampioenskappe

Randgate Amateur Boksklub spog met 16 Goue en drie Silver medaljés tydens die Wes-Gauteng Junior en Jeug Bokskampioenskappe.

Randgate Amateur Boksklub spog met 16 Goue en drie Silver medaljés tydens die Wes-Gauteng Junior en jeug-bokskampioenskappe wat op 27 Julie by Laerskool Protea-Rif, Krugersdorp, plaasgevind het.

In die Junior seunskategorie het al Randgate Amateur Boksklub se boksers goud behaal.

Hulle is Hardus Jacobs – 36kg, Petrus Modiso – 37.5kg, Paseka Sulwane – 39kg, Mark Blignaut – 43kg, Philamon Motlana – 46kg, Eddie Webb – 57kg, Jezi Mogorosi – 66kg en Justin du Toit – 75kg.

“Ons junior dogters het self baie goed gevaar en almal met ‘n goue medaljé huistoe gekom.

Hulle is Amorie Gonsalves – 48kg, Claudia Herbst – 50kg, Christie Claase – 54kg, Karina Claase – 57kg en Demorné van der Walt – 75kg,” vertel die eienaar en hoofafrigter van Randgate Amateur Boksklub, Willie Gonsalves.

Louise Webb is die enigste jeug dogter van Randgate Boksklub wat aan dié kampioenskappe deelgeneem het.

Sy het in die 60kg afdeling meegeding en ‘n goud verower.

In die Jeug Seuns afdeling het twee van Randgate se boksers Goud verower.

Hulle is Innus Herbst – 75kg en Frank Rodriques -91kg.

André Fritz -64kg, Tertius Joubert – 69kg en Delano Dobson – 75kg het almal ‘n silver medaljé verower.

Volgens Willie, is 17 van sy klub se boksers vanjaar gekies om vanjaar aan die Gautng Junior en Jeug Bokskampioenskappe deel te neem.

“Die Gauteng Junior en Jeug Bokskampioenskappe sal op 23 en 24 Augustus by Randgate Amateur Boksklub aangebied word.

“Daarom doen ons ‘n beroep op die gemeenskap om ons plaaslike boksers te kom ondersteun,” vertel Willie.

Related Articles

One Comment

  1. Goeie dag, Kan julle asb die storie in die koerant self plaas. Daar is so baie mense wat ons vra hieroor, veral die kinders wat weet van die artikel se ouers en hul vriende en familie. Hulle het self nie internet om te gaan kyk na die artikel nie.

    Groot asseblief.

    Baie dankie.
    Maria Dobson
    namens Randfontein Boksklub se mammas en pappas….

Back to top button