NewsSchools

Rappies wiskunde sterre wys hul staal

Laerskool Rapportryer se wiskunde leerlinge is slaggereed om aan die 'Math Challenge' deel te neem.

Laerskool Rapportryer spog vanjaar met ses van hul leerlinge wat gekwalifiseer het om aan die jaarlikse ‘Maths Challenge’ deel te neem.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, is dié leerlinge deur die distrikskantoor gekies om aan die kompetisie deel te neem.

Die leerlinge is Ruman Munz en Mari de Beer – Graad 4, Vitali Beukes – Graad 5 asook Brandon Koen, Alicia Kotze en Natasha Grobler – Graad 6.

“Ons is baie trots op elkeen van die leerlinge,” vertel Roleen.

Volgens Roleen het die ‘Maths Challenge’ op 31 Julie Laerskool Kenmare plaasgevind.

 

Related Articles

Back to top button