Local newsNews

Plaaslike eiendomsagentskap reik uit

Randfontein Listing Services reik uit na die behoeftiged in die gemeenskap tydens hul jaarlikse klere projek.

 

Randfontein Listing Services (RLS) se jaarlikse winterklere-projek is weer vanjaar ‘n groot sukses en talle behoeftiges het by diĆ© projek gebaat.

Volgens die voorsitter van Randfontein RLS, Laurence von Solms, het die die RLS agente op 29 Mei, weereens warm klere, komberse en nie-bederfbare kos by Child Welfare South Africa Toekomsrus gaan aflaai.

“Dit is vir ons as RLS agentskappe baie belangrik om by liefdadigheidsorganisasies betrokke te wees aangesien ons graag aan die gemeenskap teruggee,” vertel Laurence.

“Ons sal gedurende September ook weer die jaarlikse RLS Gholfdag, waar drie plaaslike laerskole se voedingskemas by baat sal vind, aanbied.”

Die Laerskole wat tydens verlede jaar deur diƩ projek geraak is, is Laerskool Rapportryer, Laerskool Randfontein en Randfontein Primary School.

Vanjaar sal daar drie ander skole by die projek betrek word.

Related Articles

Back to top button