Local sportSport

Fernando boks Suid-Afrikaanse Kampioenskappe

Fernando Rodriques van Randgate Amateur Boksklub maak gereed om by die Suid-Afrikaanse Elite Bokskampioenskappe deel te neem.

Randgate Amateur Boksklub is trots op Fernando Rodriques wat vanaf 3 tot 6 Julie aan die Suid Afrikaanse Elite Boks Kamopienskappe deelneem.

Volgens die hoofafrigter van Randgate Amateur Boksklub, Willie Gonsalves, het die boksklub gedurende 2012 puik gevaar en vir Fernando ‘n puik geleentheid gebied om vanjaar aan die SA Kampioenskappe deel te neem.

Hy vertel dat dié kampioenskappe by Pretoria Transwerke sal plaasvind en dat Fernando reeds volstoom besig is om vir dié kampioenskappe voor te berei.

Fernando sal in die 75 kilogram afdeling kompeteer.

“Verlede jaar het talle van my boksers by Wes Gauteng asook op Gauteng vlak meegeding. Ongelukkig kon dié groep boksers nie aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deelneem nie, aangesien verlede jaar se SA Kampioenskappe weens ‘n te kort aan fondse afgestel is,” vertel Willie.

Maar hy vertel verder dat Randgate Amateur Boksklub se boksers vanjaar vasbeslote is om hul merk op die Junior en Jeug SA Kampoienskappe te maak. Willie verduidelik dat die Junior en Jeug Kampioenskappe vir boksers jonger as 18-jaar is. Die Elite Kampioenskappe is vir boksers ouer as 19-jaar.

Volgens Willie sal talle van sy junior boksers op 27 July aan die Wes Gauteng Boks Kampioenskappe in Krugersdorp deelneem. Dié Kampioenskappe sal By Laerskool Protea Rif plaasvind.

Ek is baie opgewonde oor die seisoen wat voorlê en glo dat my boksers puik sal vaar. Ons oefen baie hard en spandeer baie tyd om die boksers fiks te kry vir die opkomende kampioenskappe,” vertel Willie.

Willie Gonsalves is ook gekies as die hoofafrigter van die Wes Gauteng span.

Related Articles

Back to top button