Local news

Boeremark sien ‘n warm dag

NWK Boeremark weereens 'n sukses nadat die warm weer sorg vir 'n prettige dag.

Die naweek se warm weer het gesorg vir ‘n prettige NWK Boeremark waar almal die sonskyndag geniet het.

Op 28 September was talle stalletjies op die NWK-perseel sigbaar. ’n Verskeidenheid produkte was uitgestal en inwoners kon hulself op hierdie warm Saterdag geniet.

Ida van Niekerk.

Ida van Niekerk het Jawitz Eiedomme op hierdie dag verteenwoordig. Sy het erwe, huise en kommersiële eiendomme ten toon gestel.

Megan en Albrie Venter.

Albrie Venter het die warm weer as geleentheid gebruik om koue koeldrank en borreltee te verkoop.

‘n Geskenkpakkie van handegmaakte seep.

Lena en Hennie Spoelstra het hul handgemaakte seep- en kersprodukte verkoop. Hul besigheid, Handmade with Love, is hul trots en hulle was opgewonde om hul harde werk op die dag te wys. Hennie het gesê hulle maak self die seep en kerse. Hy het bygevoeg dat hulle ’n persoonlike resep gebruik om hul spesiale boereseep te maak.

Alta Enslen, Kobus Enslen en Billy Moyo.

Die Padstal het hierdie dag sy gesig gewys. Kobus en Alta Enslen het gesê die familieonderneming het ‘n verskeidenheid ingelegde lekkernye en vleis vertoon. Kobus het ‘n versnapering vir die Randfontein Herald aangebied.

Gina van Zyl en haar familielede het die dag vars pannekoek, vetkoek en maalvleis asook boereworsrolle aangebied. Alhoewel Gina die lekkernye in haar vrye tyd maak, het sy gesê sy ondersteun Cast Awats Animal Sanctuary wanneer sy kan.

Melissa Brits (organiseerder van die boeremark) en Charmain de Villiers (ontvangsdame).

“Ek help en voorsien graag vir die honde wat niemand wil hê nie. Ons is baie dankbaar vir elke gemeenskaplid wat ons geondersteun het,” het sy uitgedruk.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button