Crime

Familie insluitend swanger vrou geteiken op pad hof toe

Familie praat oor skokkende aanval, skietery en roof in Venterspos.

Die Westonaria-polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord en roof nadat ‘n familie, insluitend ‘n swanger vrou, geteiken was op pad hof toe in Venterspos.

Jian Lourens is eers geskiet en gewond en sy swanger vrou, Jodi, asook sy ma, Elsabe, beroof en met hul lewens bedreig.

Jodi het die gru-storie tydens ‘n eksklusiewe onderhoud met die Randfontein Herald gedeel wat in volgende week se uitgawe (20 September) sal verskyn.

Die vreemdste ding, volgens die slagoffers, was die verdagte se voorkoms.

“Die man was netjies aangetrek en sy baard selfs geknip,” het Jodi vertel.

“Die man het ons gekonfronteer en ons beveel om te slaap. Ek is vier maande swanger en ek glo dis hoekom my man vir my en my skoonma gesê het om te hardloop. My skoonma het haar enkel verstuit terwyl sy probeer weghardloop. Dis toe dat sy sien hoe die man haar seun in die linkersy skiet,” het sy verduidelik.

Volgens haar het die man nog ‘n poging aangewend om Jian te skiet, maar gelukkig het die tweede koeël sy kop net-net gemis. Die man het toe sy geweer op Elsabe gerig waarna sy besluit het om vir hom haar selfoon te gee.

Die man het Jian en Jodi se selfone ook gevat.

Sy het verder opgemerk dat tydens hul poging om van die man te vlug, het die man in sy motor geklim en probeer om oor hulle te ry.

Related Articles

Back to top button