Local news

VLU help minderjarige slagoffers van misdaad

Die Vrouelandbou-unie-lede brei vir diegene wat ondersteuning benodig as deel van hul I can-projek.

Die Vrouelandbou-unie (VLU) het uitgereik om kinders te ondersteun wat slagoffers van misdaad is.

Voorsitter van die VLU Ridderspore, Gerda Benadie, het verduidelik dat die lede blikkies gemaak het met ‘n speelding, lekkergoed en ‘n Bybelversie in, wat dan aan die kinders gegee is. Die speelding is vir die kinders om vas te hou terwyl hulle moet getuig.

Sy het genoem dit is deel van hulle I Can-projek wat regdeur die land plaasvind.

Elsa Struwig, adhoc-tussenganger vir die departement van justisie, het verduidelik dat die kinders (onder 18) wat slagoffers van misdaad is, in camera getuig, wat beteken daar is geen persoon in die hof nie. Sy sit dan in ‘n kamer saam met die kind en kommunikeer met die kind oor wat die hof sê.

In die hof is daar weer ‘n skerm en die kind se getuienis word daardeur aangehoor.

Op 5 September het die VLU die blikkies aan Elsa oorhandig, wat dit toe vir die kinders gegee het.

Gerda het verder gesê dit is maar net een van hul welsynsprojekte. Onlangs het hulle ook wikkelwurms aan skole in verskeie gebiede uitgedeel. Die wurms is ook deur die lede gebrei. Sy het bygevoeg dat van hul lede wat hierdie speelgoed brei 89 jaar oud is.

Hulle vergader een keer ‘n maand en enige persoon is welkom om te gaan kyk wat hulle doen.

Related Articles

Back to top button