Schools

Dis heerlike lente by Rappies

Laerskool Rapportryer het 'n unieke insiatief begin om Lentedag te vier.

Laerskool Rapportryer het die nuwe seisoen verwelkom met ‘n sokkie en ‘n unieke kompetisie.

Op 29 Augustus het Rappies-leerders hul voete op die dansvloer warm gemaak tydens hul Lentesokkie. Diegene wat dit bygewoon het, het nie geskroom om betrokke te raak by die Mexikaanse tema nie. Baie leerders het ook opgedaag met spesiale grimering en kostuums.

Om Lentedag verder te vier, het Laerskool Rapportryer se personeel besluit om hul Omgeeweek aan te huts.

Hierdie byeenkoms staan bekend as Minute To Win It en sal oor die tydperk van drie weke plaasvind.

Volgens Celeste Wentzel, skoolwoordvoerder, gaan die leerders aan verskeie kompetisies deelneem waar hulle kosprodukte vir minderbevoorregtes insamel.

Sy het bygevoeg dat die finale kompetisie op 12 September sal plaasvind.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button