Schools

Riebeeckrand se nuwe dagbestuur aangekondig

Groot hoop is uitgespreek vir die nuutverkose dagbestuur van Riebeeckrand.

Hoërskool Riebeeckrand se nuwe dagbestuur is onlangs aangekondig.

Die seniorraad, wat ook nuutverkose is, stem vir die dagbestuur. Die skool spog hierdie jaar met twee onderhoofdogters wat gelyke stemme verwerf het.

Die nuwe dagbestuur sluit in Peet de Bruin wat as hoofseun gekies is saam met hoofdogter Carien Barkhuizen, onderhoofseun is Zander Viljoen en die twee onderhoofdogters is Naledi Mosehla en Leané Nolan, die res van die dagbestuur sluit in Deonè Scheepers, Oboikanyego Lebeko en Francois Loubser

“Ons is baie trots op die leerders en weet dat hulle hul bes sal doen,” het Diana Nel, skoolwoordvoerder, gesê.

Related Articles

Back to top button