Schools

Rappies se jong entrepreneurs hou fees

Op 23 Augustus het Laerskool Rapportryer 'n spesiale Entrepreneursdag gehou wat deur al die leerders en personeel as 'n groot sukses beskou is.

Laerskool Rapportryer het onlangs ‘n suksesvolle Entrepreneursdag gehou waarna hulle reeds uitsien na volgende jaar s’n.

Volgens Celeste Wentzel, skoolwoordvoerder, het die dolle wind nie die graad sewes van hul projek afgeskrik nie. Sy het bygevoeg dat die leerders hul stalletjies met oorgawe opslaan.

Errard Ernsting en Zanthe van der Merwe.

“Die kreatiwiteit en deursettingsvermoë van die leerders het duidelik geskyn en elke stalletjie het iets unieks gebied wat almal se aandag getrek het,” het Celeste vertel.

Die leerders het die dag terdeë geniet en dit het vir ‘n feestelike afsluiting van die week gesorg. Volgens Celeste sou die dag nie ‘n groot sukses gewees het sonder die harde werk van die graad sewes en die puik reëlings van onderwyser Errard Ernsting nie.

Luan Billing het twee ‘babas’ by die Entrepreneursdag gekoop.

“Laerskool Rapportryer, oftewel die ‘Rappies’, sien reeds uit na volgende jaar se Entrepreneursdag met groot opgewondenheid oor wat nog voorlê,” het Celeste afgesluit.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button