Schools

Smulkos en ‘n eerste plek in Potch vir Jannas-matrieksjef

Adeoné se talent as meesterkok het die oë gerek en tonge laat klap tydens 'n kookkompetisie in Noordwes.

Adeoné van der Walt, ‘n matriekleerder van Hoërskool Jan Viljoen se bak- en broutalente het kop en skouers bo die res uitgestaan tydens Roots Akademie se kookkompetisie in Potchefstroom.

Volgens Charl Ludick, skoolwoordvoerder, het vier finaliste op 19 Augustus tot die finaal deurgedring, waar Adeoné uiteindelik die eerste plek behaal het.

Gevolglik het Adeoné ‘n gratis kursus gewen en sy afslag ontvang om in 2025 aan Roots Academy te studeer.

“Jan Viljoen is trots op Adeoné se wonderlike prestasie. Ons weet sy gaan nog baie meer in die kombuis bereik,” het Charl uitgespreek.

Related Articles

Back to top button