Local news

Gemeenskap gevra om klein Ava te help

’n Plaaslike meisie moet geopereer word om haar tande reg te maak en vra die gemeenskap vir hulp.

Ava Oosthuizen (6) ondervind tans probleme met haar tande en moet ‘n operasie ondergaan om dit reg te stel. Haar familie vra dus skenkings om die operasie te laat doen.

Ava se ma, Hilda, het verduidelik dat Ava se tande nie die melktande uitgestoot het nie en een van haar voortande groei uit haar tandvleis. Haar agterste tande is ook vrot en afgebreek tot by die tandvleis.

Sy het verder verduidelik dat Ava tot op vierjarige ouderdom gereeld mangelontsteking gehad het en antibiotika moes neem. Die gereelde gebruik van die medikasie het uiteindelik ‘n negatiewe uitwerking op haar tande gehad. As baba het hulle ook uitgevind sy is laktose-onverdraagsaam en kan nie normale melk drink nie.

Vir die tandarts het hulle R6 300 nodig en vir die narkotiseur wat moet inkom het hulle R5 700 nodig. Hulle gaan die tande wat vrot geword het moet trek en hulle hoop om dan van haar tande op te bou sodat sy weer normaal kan leef kan eet, aangesien tans net sagte kosse eet. Die tandvleis van die twee voortande sal ook oopgesny moet word sodat die tande kan uitkom.

Volgens Hilda sal al haar tande in plek val wanneer die operasie gedoen word.

Benewens die uitdagings wat sy ervaar om te eet, ontwikkel Ava ook koors aangesien die infeksie nie verminder nie. Sy word ook op skool geboelie weens die probleme wat sy met haar mond ervaar.

Om fondse in te samel, verkoop hulle ook lootjies vir ‘n Shein-koopbewys.

Enige persoon wat wil bydra tot Ava se operasie kan Hilda by 076 494 9218 kontak of die BackaBuddy skakel https://www.backabuddy.co.za/campaign/ava-smile volg om by te dra.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button