Schools

Rappies begin nuwe kwartaal op ‘n virtuele-noot

Laerskool Rapportryer leerders word terug verwelkom met 'n virtuele beloning.

Laerskool Rapportryer se onlangse fondsinsamelingsprojek het leerders aan die virtuele wêreld bekendgestel.

Volgens skoolwoordvoerder Celeste Wentzel was Rappies se fondsinsamelingsprojek vir kwartaal twee ‘n groot sukses nadat kinders aangemoedig was om fiksheid te beoefen.

Laerskool Rapportryer het hul leerders vir die fondsinsameling beloon deur hul toe te laat om die virtuele wêreld te verken. Die beloning het vroeg afgeskop nadat die skool die deure vir die leerders oopgemaak het.

Celeste het verduidelik dat Rappies ‘n innoverende skool is wat geken word vir hul integrasie van tegnologie in die klaskamer.

“Die projek het nie net fondse ingesamel nie, maar ook leerders op ‘n opwindende manier aan moderne tegnologie bekendgestel. Dié ervaring het hul verbeelding aangegryp en hul belangstelling in tegnologie verder aangewakker,” het sy gesê.

Verder het Celeste genoem dat hul beplan vir nog ‘n fondsinsameling in 2025.

Related Articles

Back to top button