Schools
Wiele rol vir ‘n goeie doel by RAM
Plaaslike skool sluit die kwartaal met 'n pretbelaaide Kaskardag af.
Laerskool Randfontein het die tweede kwartaal met ‘n Kaskardag afgesluit.
Hoof van die skool, Leon Haupt, het verduidelik hulle jaarlikse Kaskardag is een van die grootste fondsinsamelingsprojekte van die jaar.
Dit is egter nie net in kaskarre wat die kinders kon ry nie. Hulle kon ook hulself vermaak op die springkastele of smul aan die lekkernye wat te koop aangebied was.
“Dit is ‘n lekker manier om die kwartaal af te sluit. Dit is ook ons manier om vir die leerders dankie te sê vir hulle harde werk deur die loop van die kwartaal op akademies, sport en kultuur gebied,” het Leon verduidelik.
Hy het bygevoeg die fondse word aangewend vir die verbetering van die skoolterrein.