Schools

Bid vir boelie-projek vat vlam by Rappies

Laerskool Rapportryer verwelkom leerder se Bid vir jou Boelie-projek.

Jo-marie Lyons het die Bid vir jou Boelie-projek by Laerskool Rapportryer geïnisieer.

Dit is volgens skoolwoordvoerder Celeste Wentzel, wat bygevoeg het dat Jo-marie die projek begin het om die krag van gebed en vergifnis te beklemtoon.

Jo-marie het vertel dat sy self ‘n slagoffer van boelie was en daarom het sy besluit om die inisiatief te begin by Laerskool Rapportyer en het ‘n spesiale houer bo die skool se boelieboks opgerig. Sodoende kan enige leerder hul gebedsversoeke daarin plaas. Celeste het vertel dat die reaksie oorweldigend was.

“Die boks was skaars op en toe was hy aan die einde van die dag reeds vol versoeke,” het Celeste gesê.

Jo-marie het gesê dat sy elke Vrydag die versoeke uit die boks sal haal en saam met haar kerk sal bid vir elke versoek wat ingesit is.

“Gebed is ‘n kragtige hulpmiddel. Dit is ‘n manier om liefde en vergifnis te betoon, selfs aan dié wat ons seermaak,” het Jo-marie vertel.

Celeste het verduidelik dat Rappies die projek met ope arms verwelkom.

“Ons is ongelooflik trots op Jo-marie,” het Celeste gesê. “Gebed is die grootste geskenk wat jy aan iemand kan gee. Dit bring hoop en genesing in tye van pyn.”

Met die voortdurende ondersteuning van die skool, hoop Jo-marie dat haar projek sal aanhou groei en nog baie lewens aanraak.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button