Sport

Rappies netbal bereik nuwe hoogtes

Laerskool Rapportryer se netbal vat vlam onder leiding van professionele skeidsregters en afrigters.

Netbalorganiseerder Marsha Coetzer spog met Laerskool Rapportryer se puik netbalprestasies.

Marsha vertel dat Rappies tans vyf provinsiaal-gegradeerde skeidsregters en een South African Schools Netball-skeidsregter het.

Vanaf 16–19 Junie gaan provinsiale netbalspanne meeding by Hoërskool Dr EG Jansen tydens die All Ages Netbaltoernooi. Ziskia Geldenhuys gaan dien as beide skeidsregter en bestuurder by die o16-span. Marsha het verder vertel dat sy gekies is as hoofafrigter vir die o13 Gautengspan.

“As netbalorganiseerder is dit my doel om al die skeidsregters en afrigters die geleentheid te gee om hul volle potensiaal te bereik,” het Marsha vertel.

“By Rappies belê ons in ons personeel want dit spoel oor na ons leerders. Dit is ‘n groot voorreg om netbaldames te hê wat hulself voorlopend uitdaag om te ontwikkel,” het Marsha afgesluit.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button