Schools

RAM se pom-poms sweef van sukses

Dit is nie moeilik om te glo hoekom RAM Extreme (Laerskool Randfontein se pom-pom-groep) die afgelope vier jaar provinsiale en nasionale wenners is nie.

RAM Extreme het onlangs aan die Federasie van Dans-kompetisie in Pretoria deelgeneem.

Dié pom-pom-groep sweef tans op die vlerke van sukses en het eers aan twee kwalifiserende rondtes deelgeneem waar hul ‘n eerste plek verwerf het. Daarna het hul weer ‘n eerste plek virseker in die provinsiale kompetisie en sodoende gekwalifiseer om op nasionale vlak te kompeteer.

Tydens die D2-kompetisie het die groep aan die eerste kwalifiserende rondte deelgeneem waar hul weereens ‘n onoorwonne eerste plek behaal het.

Leane Cordier, Lesedi Moeletsi en Lenette Harmse dans.

Die D2 Kampioenskappe sal vanjaar op 3 Augustus by die jaarlikse Vleisfees plaasvind. Die groep se toekomende kompetisies sluit in die tweede kwalifiserende rondte in die D2-kompetisie, ‘n RACA optrede, die D2 Kampioenskappe en Clash of the Titans.

Volgens skoolwoordvoerder Annie Nolan is die groep opgewonde vir nog sukses onder leiding van afrigters Khaya Dhladhla, Chineque Mulder en Ashley Cowan.

Sy het bygevoeg dat een van die beoordelaars ‘n opmerking gemaak en gesê het, “As RAM Extreme op die verhoog klim dan weet jy hier kom die wenners.”

Bygesê, RAM is die afgelope vier jaar beide die provinsiale en nasionale wenners.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button