Sport

Ontmoet-‘n-Teine-Boytjie: Ricardo Burger

Ricardo Burger, loskop en vaskopstut van Teine se eerste span, stel homself aan die gemeenskap voor in die Ontmoet-'n-Teine-Boytjie-reeks.

Randfontein Rugbyklub se Ricardo Burger (32) is ‘n ysterstut met groot drome.

Ricardo is een van die klub se taaiste mededingers wat as beide loskop- en vaskopstut kan sak. Sy driejaarlange loopbaan by die klub is vir hom ‘n groot voorreg. Sy gunsteling deel van rugby sluit in die broerderskap wat gevorm word op die veld. Nog ‘n prettige deel volgens Ricardo is die vlinders in sy maag voor afskoptyd.

En wanneer hy nie rugby speel nie, rig hy die sport by Helpmekaar Kollege af.

“Ek glo dat ek gebore is met ‘n rugbybal in my hande. Ek kon sedertdien nog nooit rugby verlaat nie. My pa het my altyd saam gevat na Teine se wedstryde en ek geniet elke oomblik op en van die veld af,” het Ricardo gesê.

Op die ouderdom van ses jaar oud het Ricardo homself reeds as ‘n passievolle rugbyspeler beskou. Na sy skoolloopbaan het Ricardo vir twee jaar vir die Blou Bulle Amateur-span uitgedraf, asook die Goue Leeus Amateur-span verteenwoordig.

“My grootste inspirasie is my verloofde. Die manier hoe sy haar geliefdes altyd voor haarself sit is spesiaal. My rolmodel is Os du Randt,” het Ricardo gesê.

Verder sluit Ricardo af met die aanhaling, “Tough times don’t last, but tough people do.”

Related Articles

Back to top button