Schools

Besigheid los hul merk

EGL Signs het onlangs nuwe borde ontwerp, gedruk en geborg vir Laerskool Randfontein.

Laerskool Randfontein spog met nuwe en kreatiewe borde by hul skooltrappe alles te danke aan EGL Signs, ‘n besigheid wat daarin spesialiseer om onder andere tekens, naamborde, boodskappe en selfs woorde op borde te ontwerp en druk.

In RAM se geval is ‘n klomp borde gedruk in helder kleure met boodskappe soos Laerskool Randfontein verwelkom U. Daar is nog vele meer.

Juan Barnard van EGL Signs het verduidelik dat die skoolhoof hul gekontak en gevra het om borde by die skool se trappe op te sit. Barnard en span het toe besluit om dit vir die skool te borg.

Juan Barnard en Reece Woodcock by die unieke borde wat hulle by die skool opgesit het.

“Dit gaan oor die kinders en skool. Ons doen dit vir hulle en ons wou graag teruggee,” het Juan gesê.

Reece Woodcock, ook van EGL Signs sê hul eie kinders gaan ook skool by RAM en hulle wou (as ‘n besigheid wat kenners is van ontwerp en drukkery) graag die skool mooi maak.

Juan het genoem uitreike soos hierdie vorm deel van hul visie vir die nuwe jaar wat insluit om skole te help.

“Op die einde van die dag dra dit ook by tot die groei van die gemeenskap,” het Juan afgesluit.

Related Articles

Back to top button