Local news

Maandelikse NWK Randfontein-boeremark ‘n groot sukses

Talle inwoners het opgedaag vir NWK Randfontein se boeremark om hul besigheidstalent ten toon te stel.

Die maandelikse en gewilde boeremark aangebied deur NWK Randfontein bly groei.

Op die laaste Saterdag van Februarie het talle inwoners weereens die boeremark in Loumarina AH bygewoon om plaaslike verkopers te ondersteun.

Marina Wasserman by haar lappop-stalletjie.

Soos altyd was daar ‘n verskeidenheid produkte beskikbaar, insluitend groente, plante, biltong, tuisgebak, lappoppe en selfs roomys. Die Rand-Wes Buurtwag was ook daar om meer inwoners te kry om deel te wees van ‘n gemeenskap wat die dorp ‘n veiliger plek wil maak.

Ansurie en Brandon Cloete by hul biltong-stalletjie.
Mathilda Nel en Louis Kupke met hul tuisgebak.
Jeremy Smith van Rosetta Nursery.
Skyf Gresse, Merie Gresse en Jan Roestorff van die Rand-Wes Buurtwag.
Victor de Gouveia en Celia Schoeman by hul roomys-stalletjie.
Kobus en Alta Enslin.

Related Articles

Back to top button