Sport

Rappies-kleuters wys wat in hul steek op atletiekveld

Rappies Pre-primêr hou 'n atletiekdag vir die boeke.

Laerskool Rapportryer het onlangs ‘n prettige kleuteratletiekbyeenkoms aangebied.

Op 10 Februarie was die opwinding hoog vir kleuteratlete asook toeskouers.

Die kleuterskoolleerders het op die dag aan verskeie items deelgeneem insluitend gewigstoot met boontjiesakke, verspring, hoogspring en wedlope.

Graadhoof van graad 1 Celeste Wentzel het vertel dit was ‘n groot sukses.

“Die hoogtepunt van die dag was die hekkies waar die deelnemers hul vaardighede gewys het met aanmoediging van die toekykende ouers en ondersteuners,” het Celeste beweer.

Dihan Engelbrecht is trots op sy trofee.

Na afloop van die dag en items is die atlete beloon met verkoelende ysies en trofeë om hul prestasies te vier.

AT Kruger, wat aan die stuur van die geleentheid was, het die leierouers vir hulle ondersteuning en toewyding met hulle stalletjies asook die gemeenskap wat die dag bygewoon het en Laerskool Rapportryer se personeel, bedank.

Celeste het vertel dat die sukses van die byeenkoms te danke was aan die samewerking en ondersteuning van almal wat betrokke was.

“Die dag was ‘n ware viering van sportmanskap, vaardighede en gemeenskapsgees en Laerskool Rapportryer asook Rappies Pre-primêr sien reeds uit na die volgende geleentheid om die jong atlete te ondersteun en weer aan te moedig,” het Celeste afgesluit.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button