Schools

RAM-onnies het die G-E-E-S

Laerskool Randfontein se onnies het pret teruggebring en vir 'n dag soos skoolkinders aangetrek om gees te vang.

Onderwysers van Laerskool Randfontein het almal onlangs skoolklere gedra in die naam van geesvang.

“Daar was groot opwinding by die skool, want al die onderwysers het soos skoolkinders aangetrek. Na die personeel besluit het om dit te doen was daar vinnig gesoek na skoolklere,” het Annie Nolan, skoolwoordvoerder gesê.

Die gr 7-personeel Annie Nolan, Tarquin Mulder, Mandi Pruis en Riekie Gerber. Foto ingestuur.

Sy het verduidelik sommige van die onderwysers het steeds hul uniforms van hul skooldae gehad en gedra terwyl ander besluit het om sommer te leen.

“Oorspronklikheid en kreatiwiteit was aan die orde van die dag met almal wat weer vir ‘n klein rukkie ‘n skoolkind kon wees,” het sy bygevoeg.

Monique Ras, Melani Bosman, Kylie Nel, AnneMarie Moolman en Janike Fourie. Foto ingestuur.

Sy het aangegaan om te sê almal het soos jou stereotipiese leerder aangetrek. Onderwyser Thinus Nortje was byvoorbeeld die kaptein van die eerste rugbyspan en so aangetrek, juffrou Magda Graaf, die hoofdogter en onderwyser Tarquin Mulder, die hoofseun terwyl Annatjie Erasmus ‘n stoute kind was wat almal se hare trek. Juffrou Celeste Srydom het soos ‘n soetkind dan heeldag met haar tas op haar rug geloop.

“Die leerders het dit vreeslik geniet om hul onnies in skoolklere te sien. Dit het vir groot pret gesorg,” het Annie afgesluit.

Related Articles

Back to top button