Sport

Ses skole pak RAM-sportvelde vir Sirkel A-atletiekbyeenkoms

Ses skole in Randfontein se atlete was in die kollig tydens 'n Sirkel A-atletiekbyeenkoms aangebied deur Laerskool Randfontein.

Laerskool Randfontein was vanjaar gasheer van die gewilde Sirkel A-atletiekbyeenkoms waar ses laerskole kragte gemeet het.

FJL Wells Primary Mine School, Malerato Primary School, Mohlakano Primary School, Laerskool Randfontein, Randfontein Primary School en Setholela Primary School was die skole betrokke met seuns- en dogtersatlete tussen die ouderdom van sewe en 13 jaar oud in aksie.

Laerskool Randfontein se Shaylin Potgieter in aksie tydens die verspringitem.

Die verskeie items waaraan leerders deelgeneem het sluit in hoogspring, hekkies, verspring, gewigstoot, 100m en 200m. Die dag het afgeskop met 200m-uitdunne vir dogters o13 en met die aflositem vir seuns o13 afgesluit.

Kitso Mokoma, Ntando Dube, Hlompho Morobe and Tshimologo Phetoe van Randfontein Primary School.

Alhoewel die sportdag ‘n groot sukses was, het RAM se skoolwoordvoerder Annie Nolan gesê geen resultate is beskikbaar nie.

“’n Totaal van 53 atlete van Laerskool Randfontein is wel deur na die sub-distrik atletiekbyeenkoms,” het Annie vertel.

Princes Minnies van Randfontein Primary School.

Sy het bygevoeg dat slegs die top atlete vir die byeenkoms gekies word.

Dié byeenkoms het op 15 Februarie by Laerskool Rapportryer plaasgevind en die D2-atletiekbyeenkoms sal op 20 Februarie by Hoërskool Noordheuwel plaasvind.

‘n Trotse atleet spog met sy medalje vir eerste plek.
Lesedi Mokoena van Randfontein Primary School.
Laerskool Randfontein se Skye Coetzer en Kenyana Asaba.
‘n FJL Wells Primary-leerder neem deel aan die hoogspringitem.
Laerskool Randfontein se Chantenay Durman in aksie tydens die verspringitem.
Karbo Khuse van Randfontein Primary School in aksie.
Shalvandre Patrick (Randfontein Primary School), Reabetswe Molefe (Mohlakano Primary School) and Thapelo Legote (Randfontein Primary School) won third, second and first place respectively in the 1200m event for boys U11.
FJL Wells Primary-leerders het elke oomblik geniet.
Atlete wag om aan ‘n item deel te neem.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button