Local newsUpdate

Verlate eiendomme die norm in R’fontein?

'n Inwoner is een van talle inwoners wat bekommerd is oor twee vervalle en verlate eiendomme.

Inwoner Dawie de Koker is bekommerd dat twee vervalle en verlate eiendomme in die middestad die buurt in gevaar stel.

Daar is twee verlate eiendomme direk agter De Koker se huis en hy beweer dat een van die eiendomme, spesifiek Stubbsstraat 15, deur die munisipaliteit besit word terwyl die ander eiendom langsaan glo afgebrand het.

Een van die vertrekke in die huis is bestrooi met rommel.

Hy het bygevoeg dat alle pogings om die vervalle eiendomme aan te meld, tot dusver geen reaksie gelok het of die nodige ingryping ontvang het nie. Verder het De Koker verduidelik dat hy die munisipaliteit genader het om die gras van die eiendomme te sny, maar tevergeefs. Die omstandighede is ook teleurstellend vir hom want hy vertel dat hy op ‘n slag die huise in Stubbsstraat wou koop voordat dit verval het.

Die boom wat oorgroei in De Koker se erf het glo ook ‘n gebreekte waterpyp wat die mure bros maak.

“Nadat die huis verlate is, was dit oorheers met dwelmverslaafdes en haweloses. Die eiendom se kabels en heinings is alreeds gesteel,” het hy gesê.

• Lees ook: Rotte en rommel oral by Randgate-huis

Die heining van die eiendom in Stubbsstraat 15 wat gesteel is.

Hy het bygevoeg dat die haweloses self voorheen vuur gemaak het in die huis. Volgens De Koker is daar ‘n waterpyp op die eiendom wat lek in sy erf in. Die bome op die vervalle perseel groei ook in sy erf in. De Koker het verder vertel dat die eiendomme insekte en rotte lok asook plakkers wat die eiendom as hawe gebruik.

Rommel van diere-bene en plastiek.

“Die haweloses maak partykeer ‘n groot oproer laat in die aand wanneer hulle baklei. Ons moet seker maak dat ons alle besittings binne in huis toe vat sodat dit nie uit ons erf gesteel word nie,” vertel hy.

De Koker beweer dat die eiendom langsaan gebruik word om van vleis afval ontslae te raak.

Die ander eiendom ter sprake word glo gebruik om van rommel ontslae te raak.

Die Herald het intussen die munisipaliteit genader aangaande die verlate huise, maar sedert verlede week nog geen kommentaar ontvang nie. ‘n Opvolg-berig sal gepubliseer word sodra terugvoering ontvant is – Red.

Enigiemand met meer inligting oor die vervalle eiendomme kan die Herald op 011 693 3671 kontak of ‘n e-pos na dominiqued@caxton.co.za stuur.

Related Articles

Back to top button