Sport

Uitblinkeratleet Duran Crous se hart klop atletiek

Duran Crous is dol lief vir sport en bewys dit met sy talle prestasies.

Laerskool Rapportryer-leerder Duran Crous se atletiektalent is in die kollig nadat hy uitgeblink het tydens vanjaar se huissport.

Die 10-jarige het tot dusver ‘n indrukwekkende 33 medaljes en 11 trofeë ingepalm en spog al vir drie jaar met die Victor Ludorum-titel agter sy naam. Vanjaar deel hy dié gesogde titel met Logan Coetzer.

Om eerste te kom is niks nuut vir Duran sedert graad 1 nie.

Vanjaar alleenlik spog hy met ‘n eerste plek in die 1 200m, 100m, 80m, hoogspring en verspring. Hy het wel ‘n tweede plek verwerf in hekkies ten spyte van ‘n kniebesering wat hy opgedoen het.

Die jong atleet met sy medaljes en trofeë.

Duran se ma, Priscilla Crous het vertel dat Duran steeds na sy besering die 1 200m, 100m en 80m moes hardloop.

“Nadat hy die besering opgedoen het, het hy net gesê dat hy nie gaan opgee nie en dat ons sy knieg moet bind want hy moet nog 80m, 100m en 1 200 hardloop. Hy het die wedlope voltooi en steeds eerste plek in al drie behaal,” het Priscilla vertel.

In 2022 en 2023 het Duran die titel as Sportseun van die Jaar asook Beste Landloop Seun van die Jaar verwerf. In 2023 het Duran Mnr Ysterman Rapportryer as graad 4-leerder gewen.

Duran steel nie net die kollig in atletiek nie maar speel ook rugby in die skrumskakel posisie. Hy het vanjaar ook o11 proewe bygewoon in rugby en is huidiglik deel van die rugby toerspan van 2024.

Sy droom is om eendag vir die Springbokke uit te draf en hy wil graag sy held Faf de Klerk ontmoet.

Duran glo dat handdoek ingooi nie ‘n opsie is nie en dat enige sporttalent ‘n seëning van God is.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button