Schools

Riebeeckrand-matrieks gesels oor hul uitslae

Die Herald gesels met die matriekklas van 2023 en hul toekomsplanne.

Hoërskool Riebeeckrand se matrikulante van 2023 wat verlede week hul uitslae ontvang het, het hul opgewondenheid met die Randfontein Herald gedeel.

Zandri du Plessis is baie trots op haar uitslae. Sy het slegs een punt gekort om ‘n onderskeiding in twee vakke te behaal en het gesê alhoewel sy hartseer is om hoërskool te verlaat, sien sy baie uit om universiteit toe te gaan.

Zandri wil graag vir drie jaar risikobestuur swot.

Charmoné Venter, Meghan Kelly en Zandri du Plessis.

Meghan Kelly is ook in haar noppies. Sy voel dat sy baie goed presteer het en sien nou uit vir wat die toekoms inhou. Volgens haar gaan die grootmenswêreld ‘n nuwe avontuur wees.

“Ek is trots op my uitslae in veral Engels. Ek beplan nou om LLB regte te swot by die Universiteit van Pretoria. Daarna wil ek ‘n kriminele prokureur word.”

Thabang Dlhamini.

Nog ‘n leerder, Charmoné Venter het gesê, “Ek is baie verlig dat ek my punte ontvang het. Ek voel tevrede met die uitslae.” Sy voel effens gestres oor die toekoms omdat sy beplan om baie dinge te doen, maar sy voeg by dat sy steeds opgewonde is om onafhanklik te wees. Charmoné is baie trots op haar Fisiese Wetenskap punt. Sy wil graag ‘n kriminoloog word nadat sy sielkunde gaan studeer.

Rethabile Mosime.

Marcel Olivier vertel dat hy beter kon doen, maar hy weet dat hy nie sou harder leer nie en daarom voel hy tevrede met sy punte. Marcel het bygevoeg dat hy al van graad 10 wag om sy skoolloopbaan te voltooi. Hy is baie trots op sy landbou uitlsae. Marcel werk huidiglik sodat hy kan spaar om argitektuur te studeer.

Marcel Olivier en Roelf van den Merwe.

Roelf van den Merwe vertel dat hy nie tevrede met sy uitslae is nie. Volgens Roelf moes hy maar harder studeer het. Alhoewel Roelf gelukkig is dat sy skoolloopbaan voltooi is, gaan hy na sy vriende en die sport verlang. Roelf vertel dat hy ‘n wonderlike rugby jaar gehad het as ‘n speler vir die eerste span. Hy is baie trots op die punt wat hy behaal het vir Ingenieursgrafika en Ontwerp. Hy wil sy tersiêre studies voltooi by Sol-Tec en in die rigting van ‘n ambag gaan.

“Ek was verbaas met my uitslae. Die aand voor ons die uitslae gekry het, het ek op die web gesurf opsoek na ‘n skakel wat my uitslae vir my sal gee. Ek was baie bekommerd,” het Dean Joubert vertel.

Roelf van den Merwe, Marcel Olivier en Dean Joubert ry in Dean se BMW.

Dean het bygevoeg dat hy baie trots is op sy IT-uitslae. Hy beplan om Pretoria toe te gaan om sy mensvaardighede te verfyn. Dit is hier waar hy spanwerk, probleemoplossing en fiksheid gaan uitoefen.

Jessie-Leigh Dickson.
Zanele Tambene, Entle Nell, Keletso Mathe, Sibusisiwe Simelane en Bevile Zibi.
Giyana Dyers en Rio Gobi.

 

Related Articles

Back to top button