Schools

Rappies spog met hul musiektalent

Laerskool Rapportryer het ‘n prysuitdeling vir hul musiekskool se leerders aangebied.

Laerskool Rapportryer het vanjaar se leerders van die musiekskool tydens ‘n prysuitdeling beloon vir hul uitnemende prestasies.

Op Dinsdag, 28 November het die skool die spoggeleentheid aangebied. Sertifikate en trofeë is oorhandig aan hierdie leerders en is ‘n verskeidenheid musiekitems ook deur die talentvolle leerders gelewer. Die musiekkategorieë was klavier, kitaar, viool, tjello en sang.

Beverley Brandt saam met Elihle Bereng.

Tawana Ruzawe, Madison Dennis en Jolandi Grobler is die wenners van die klavier-kategorie en Carien Barkhuizen, Simoné Scott asook Franco de Canha wenners van die kitaar-kategorie terwyl Elihle Bereng en Nomphumelelo Dhlamini wenners is van die viool-kategorie. Die wenners van die tjello-kategorie is die trotse Hesmari de Klerk en Nelco Geldenhuys. Die wenner van die sang-kategorie is niemand anders as Raquel Gonsalves nie.

Related Articles

Back to top button