Sport

Lenthe Maré – die ruiter van Randpoort

Lenthe Maré en haar perd, Hensons Anja, presteer vanjaar in dresseer en beplan om saam nog vele meer prestasies te behaal.

Die 15-jarige Lenthe Maré het ‘n passie vir ruitersport en is vinnig besig om die leer van sukses te klim.

Lenthe het haar perdry loopbaan begin nadat sy by ‘n ryskool aangesluit het. Hier het sy aan drie kompetisies deelgeneem vir die dresseer kampioenskappe sodat sy kon kwalifiseer vir gradering en verder deelneem aan ander skoue. Die derde kompetisie was wel ‘n uitdaging nadat die ryskool se perd (waarmee sy aan kompetisies deelneem), ‘n besering opgedoen het.

Lenthe vertel dat dit nie haar moed gebreek het nie. Haar pa, Hein, het meegedeel dat ‘n vriend die perd (Hensons Anja) vir Lenthe toe as geskenk gegee het. Hy vertel dat hierdie vriend Lenthe verder aangemoedig het om met Hensons Anja ‘n band te vorm.

Wium van Huyssteen, ‘n Suid-Afrikaanse kampioen (asook Lenthe se rolmodel) het die einste perd tydens die preliminêre skou gery waar Hensons Anja die uitdunne gewen het. Die perd was toe bevorder na die Gauteng Kampioenskappe.

Lenthe Maré het Hensons Anja. Foto ingestuur.

Hein vertel dat hulle onseker was dat Lenthe finaal toe sou gaan aangesien sy 15 jaar oud is. Wium het dus die perd gery en ‘n sewende plek in die Suid-Afrikaanse Professionele Dresseer-afdeling verwerf. Die perd het weer in ‘n preliminêre kompetisie gery en die beginner-titel verower. Hensons Anja en Lenthe het toe later deelgeneem aan die Friesperd Nasionale Kampioenskappe en gewen.

“Ek geniet graag die pronkrondte waar ek my kompetisie-serp dra en spog met my perd se prestasies,” vertel Lenthe.

“Dresseer is ‘n afdeling van ruitersport wat die hoogste uitdrukking van perdopleiding behels. Toe Lenthe begin ry het, wou sy net deelneem aan springkompetisies met die perd, maar my aanbeveling was dat sy eers dresseer gaan doen. So het sy haar perd leer ken. Die dresseer gemeenskap praat ook van ‘dansmaats’. Dit is die eerste stap om eendag deel te neem aan ruitersport,” het Hein vertel.

Bo en behalwe dat Lenthe aan dresseer deelneem is sy ook ‘n natuurlike atleet en hokkiespeler wie hou van toneelspel en musiek – spesifiek vioolspeel. Sy het intussen ook in drie kortfilms gespeel en hardloop graag die 1 500m en die 3 000m.

Related Articles

Back to top button