Opinion

Dank aan Mapogo

Ten spyte van die feit dat ons nie kliënte van hul sekuriteitsfirma is nie, het hy regtig uit sy pad gegaan om ons te help.

• Desanne Porter van Randfontein skryf:

Ek wil graag van hierdie oomblik gebruik maak om baie dankie te sê vir Francois de Bruyn van Mapogo A Mathamaga Sekuriteit.

Op Saterdagoggend, 1 Junie ongeveer 1:30vm was daar ‘n inbraak by ons huis.

Francois was besig met sy roetinepatrollering en het afgekom op skurke wat reeds toegang tot ons huis verkry het en besig was om ons besittings uit te dra.

Ten spyte van die feit dat ons nie kliënte van hul sekuriteitsfirma is nie, het hy regtig uit sy pad gegaan om ons te help.

Die boewe is betrap en het gevlug toe hul kennis neem van die feit dat hulle betrap is.

Hulle het so vinnig gevlug dat ons besittings gelukkig nog op ons perseel was.

Ons wil regtig net baie dankie sê: was dit nie vir Francois met sy flink reaksie nie, wie weet wat kon gebeur het.

Ons is vreeslik dankbaar vir mense soos hy wat nog uit hul pad gaan om hul medemens te help.

Related Articles

Back to top button